CMAC_logo

KLERKSDORP

English Edition

REIS VERSEKERING

Wat is Reis Versekering?

Reisversekering stel ten doel om die volgende moontlike kostes tydens u reis te verseker o.a. nood mediese uitgawes, vlugkansellasies, verlore bagasie, vlugongeluk, en ander onkostes wat u mag beurtval tydens u reis internasional of plaaslik. Mediese skema lede is onder die indruk dat hul mediese skema al hierdie kostes sal betaal, daarom is dit belangrik dat hulle hulself deeglik daarvan sal vergewis voor hul vertrek. Die groot verskil in wisselkoers van die Suid-Afrikaanse Rand in vergelyking met geldeenhede van ander lande, noodsaak dat u omvattende reisversekering uitneem ten einde u te verseker teen die risiko van die volgende uitgawes:

  • Mediese noodgevalle
    • Kansellasie, vluginperkings en vlugvertragings – Hierdie afdeling bied dekking vir enige ongebruikte vlugte en akkommodasie, voorafbetaalde onkostes indien ‘n vlug gekanselleer word of vertraag word a.g.v. verskillende omstandighede o.a.
      • Sterftes, ligaamlike beserings, siekte of swangerskap komplikasies
      • Verpligte kwarantyn
      • Getuiediens
      • Terminering van werk ( op voorwaarde dat dit nie bekend was aan u voor die vertrek nie)
      • Verbod op reis deur die regering
      • Amptelike ontruiming van die reisbestemming
      • Amptelike waarskuwing om die reisbestemming te vermy
  • Afvoer van oorskot
  • Terugstuur van kinders
  • Vlug kansellasie
  • Toevallige sterfte, -besering of ongeskiktheid
  • Oorsese begrafnis kostes
  • Verlore, beskadigde of gesteelde baggasie, persoonlike goedere of reisdokumente
  • Vertraagde begasie (noodvervanging van noodsaaklike items)
  • Verpasde flugkonneksies as gevolg van aangepasde skedules deur die lugredery
  • Vlugvertragings vanweë weerstoesande
  • Skakings

Ons bied aan u die volgende reisversekering o.a. TIC (Santam), Hollard en Regent (AA)