CMAC_logo

KLERKSDORP

English Edition

TANDHEELKUNDIGE DEKKING

Wat is Tandheelkundige Risiko Versekering?

Vermindering in tande voordele op mediese skemas veroorsaak dat lede hiedie eise moet betaal uit hul beskikbare Mediese Spaarrekening (MSR) of uit-die-sak. Finansiële druk as gevolg van die Suid- Afrikaanse ekonomie , veroorsaak dat lede nie meer omvattende planne met tande voordele kan bekostig nie en lae –en medium planne bied min of geen dekking vir tande. Gevolglik, sal lede hierdie kostes betaal uit hul MSR wat aanleiding gee tot die situasie waar daar nie genoeg fondse beskikbaar is vir ander belangrike eise nie of dat tande behandeling afgeskeep word in die geval waar hulle dit nie kan bekostig nie. Dental Risk Insurance is ‘n kort-termyn produk wat 4 planne bied van basiese- tot omvattend dekking.

Lidmaatskap by Dental Risk Insurance is nie voorwaardelik van lidmaatskap aan ‘n mediese skema nie – dus kan u aansluit sonder ‘n mediese skema. Wagperiodes van onderskeidelik 3 en 6 maande is van toepassing voordat u mag eis. Hierdie bekostigbare versekering stel u instaat om u huidige plan te behou of om af te gradeer en u beskikbare voordele te gebruik vir ander belangrike eise. Voorafmagtiging word benodig vir sekere prosedures o.a. ortodonsie ens. Hierdie produk is relatief nuut aan tandheelkundige diensverskaffers en daarom mag hulle u versoek om eers kontant te betaal en dan by Dental Risk terug te eis.

Premies en dekking wissel van R31 tot R310 per hooflid vir onderskeidelik R20 410.00 tot R235 170.00 per afhanklike per jaar (sien produkbrosjure in aflaai skakel)