CMAC_logo

KLERKSDORP

English Edition

WIE IS CMAC?

As onafhanklike gesondheidsorg konsultant sedert sy ontstaan in 1990 lewer CMAC deur middel van ‘n toegewyde netwerk van 100 konsltante ‘n makelaarsdiens aan individue en maatskappy. CMAC stel ‘n wye reeks van mediese skema-, versekerings- en beleggings produkte aan ons kliënte beskikbaar asook advies ten einde u instaat te stel om die produk te kies wat u spesifieke behoefte aanspreek.

Ons kliënt fokus, uitstekende diens, ondersteuning, respek, professionalisme, toewyding en verbintenis aan ons kliënte verseker dat CMAC streef daarna om die hoogste kwaliteit van diens te lewer. Die CMAC hoofkantoor is in Fairy Glen, Pretoia met meer as 100 toegewyde konsultante verspreid oor al 9 Provinsies met CMAC kantore in o.a. Kaapstad, oos Londen, Durban, Kimberly, Kroonstad, Klerksdorp, Middelburg en Polokwane.

CMAC lewer ‘n makelaarsdiens aan meer as 58 000 kliënte wat aan ons ‘n spesifieke onderhandelings voordeel by diensverskaffers bied tot ons kliënte se voordeel. Indien CMAC ‘n mediese skema was, sou ons die 7de grootste oop skema in Suid-Afrika wees. CMAC lewer as een van die vernaamste Finansiële Konsultante in die land ‘n belangrike diens in die Staats-, Privaat-, Landbou- en Plaaslike Owerheid sektore, waar ons reeds met kliënte en diensverskaffers ‘n langdurige vertrouens verhouding bewerkstellig het. CMAC is taalvaardig in sewe van die elf amptelike tale in Suid-Afrika o.a. Afrikaans, Engels, Zulu, Sotho, Tswana, Xhosa and Ndebele.

CMAC bied aan ons kliënte GEMOEDSRUS deurdat ons u deurlopend met advies bedien asook bestuurs-, ondersteunings-, kommunikasie- en inligtings dienste op deurlopende basis, omrede ons u belang op die hart dra.

CMAC het kontrakte met die mees prominente (Top 15) oop en geregistreerde mediese skemas o.a. Bonitas, Bestmed, Discovery, Fedhealth, Genesis, Hosmed, Keyhealth, La Health, Liberty, Momentum, Medihelp, Medshield, Profmed, Sizwe, Resolution Health, Spectramed, Selfmed, Topmed en Umvuzo.

Dr. Pikkie Kok by CMAC Klerksdorp het ook kontrakte met die volgende Versekeraars om aan u ‘n wye verskeidenheid versekerings-en beleggings produkte te bied o.a. Allan Gray, Noble Private Portfolios (Pty), Stanlib, Brightrock, Discovery, FMI, Hollard Life, Liberty, Momentum, PPS, OCSACare, BUPA, Stratum, Turnberry, Complimed, Dental Risk Insurance and Sirago.

Ontmoet ons span:

Dr. Pikkie Kok
H.O.D.; B.A.; B.Ed.; M.Ed.; Ph.D.; NFQ 5 Wealth Management

Ina Kok
H.O.D.; NQF 5 Wealth Management

Wilma Nel
Persoonlike Assistent

All Rights Reserved
© CMAC Klerksdorp 2016-2019

CMAC is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer (FSP 17112/17137)
CMAC Klerksdorp is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer (FSP 47048)
Geakkrediteer deur die Raad van Mediese Skemas (BR 3921/3922)